‘Die pad na selfbestuur’: Skep omstandighede vir voortbestaan

flip-buys-2017-11

Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: René Roux)

Flip Buys vertel in dié hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, hoe hy tydens ʼn besoek aan Engeland ʼn onverwagse gesprek met ʼn sogenaamde linksgesinde parlementslid gehad het. Dié het by hul ontmoeting ʼn stelling gemaak wat Buys verbaas en verder geïnspireer het.

“Ek het ’n historiese missie wat ek vir julle wil voorstel. Julle regeer nie meer nie en kan nie die land red nie, maar julle moet die omstandighede skep sodat Afrikaners in Suid-Afrika kan bly, want dit is die enigste manier waarop hulle ’n volhoubare bydrae tot die land en al sy mense se welstand kan maak,” het die parlementslid gesê.

Buys skryf dat hy en ander besef het dat daar eintlik geen ander uitweg is nie, en dat hierdie idee in die Solidariteit Beweging se visie vervat moet word. Hierdie visie kom in die praktyk daarop neer dat die omstandighede geskep moet word sodat Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig hier kan bly.

Dit is dus verstaanbaar dat Buys hierdie hoofstuk inlui met die woorde van die bekende Amerikaanse ekonoom, Thomas Sowell. “Die ligging van volke, rasse en beskawings kan hulle lot bepaal. Dit hang af of hulle op die regte plek op die regte tyd is, of op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.”

Buys skryf: “Die skepping van vrye en veilige kulturele ruimtes is gevolglik nie ’n projek om Afrikaners te onttrek nie, maar juis om die ruimtes te skep sodat hulle deel kan bly van die groter Suid-Afrika. Indien hulle nie hierdie ruimtes in Suid-Afrika kan kry nie, wys die praktyk dat hulle dit dan oorsee sal gaan soek – tot nadeel van almal in Suid-Afrika.”

(Grafika: Verskaf)

Die Solidariteit Beweging se projek gaan derhalwe nie daaroor om Afrikaners uitsluitlik te bevoordeel nie, maar om die normale omstandighede te skep waarin ons as gemeenskap insluitend kan bly voortbestaan.

Luister na hierdie hoofstuk soos voorgelees deur Martin Jansen.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heinrich ·

As ek ‘n keuse het is dit om selfvoorsienend, sonder die kleptokratiese bosluis wat ons gaan leeg suig, te bly. Wat help dit om vry te wees maar nog steeds te moet sorg vir ‘n hulpelose klomp wat nie kan insien dat dit hulle eie belyde is wat hulle kelder nie, ons sal nooit ophou belasting betaal om hulle gestelery te ondersteun nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.