Die padkaart na kulturele selfbestuur

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Argieffoto)

In die 34ste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, sit Flip Buys ʼn raamwerk uiteen wat as ʼn vertrekpunt kan dien vir ʼn moontlike staatkundige plan vir kultuurgemeenskappe soos Afrikaners.

Hierdie raamwerk hou die huidige werklikhede, internasionale beste praktyke, grondwetlike ruimtes en demografiese werklikhede in gedagte en onderskryf die idee van selfinwerkingstelling sonder regeringsinstemming.

In sy raamwerk raak Buys verskeie onderwerpe aan van wat hy glo nodig is sodat kultuurgemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. Dit sluit onder meer ʼn nasionale forum vir die betrokke gemeenskap, ankerdorpe, kulturele kantons, veiligheid, onderwys, universiteitswese, beroepsopleiding, studiehulp, bevordering van taal, maatskaplike sorg en ekonomiese infrastruktuur in.

(Grafika: Verskaf)

Buys skryf: “Daar is nie meer maklike, ideale planne oor nie. Die mislukking van staatsbestuur kan net volhoubaar opgelos word deur groeiende selfbestuur. Die strategie wat hier voorgestel word, is groeiende selfbestuur deur gemeenskapsorganisasies. Die vlak van selfbestuur hang af van die grootte en omvang van hierdie organisasies, en die erkenning wat hulle van die gemeenskap gaan verkry. Die toekoms wat ons gaan hê, is die toekoms wat ons self gaan bou.”

Luister hier na die raamwerk wat Buys voorstel sodat kultuurgemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Daar is vele kultuuraksies maar covid het die groei kwaai vertraag. Mens is bly Flip praat van kultuur uitbou maar die woord begin vervloei met taal as middelpuntvlietende krag wat mens bang maak. Wees nice met ander rasse wat Afrikaans soort van besig wat die Afrikaner ondergeskik stel aan die Nuwe Era- konsep van ons-is-almal-so maar sekere van óns word agter gelaat. Help ons om jul base te word… En weg is die Afrikanerkultuur in die vergetelheid. Selfs die maagde met die lampe in die Bybel moes op ‘n stadium die keuse maak: Sorry, ons olie is amper op. Gaan koop self by die handelaar.

Hendrik ·

Minderhede in hetrogene gemeenskappe het ‘n probleem. Erens moet minderhede in sulke gemeenskappe een of ander tyd maar die besluit maak om te trek. Die gemeenskapsorganisie kan op kort termyn help indien die minderhede dit wil doen. Volgens my gaan enige onderhandeling met owerhede tot niks kom. Veiligheids enklawes soos voorgestel deur Frans Cronje is beslis die antwoord en mense kan die enklawe wat aan sy kultuurgemeenskap of oop gemeenskappe soos die huidige Veiligheids Estates gaan woon. Oop woonbuurte se dae is beslig getel in SA.

Frederik C ·

Flip, help dat ons die Wes-Kaap afstig. Dan kan die bruines en wittes hul kultuur daar uitleef, terwyl die ander moor, roof en brand in hulle land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.