Die sexyste aksente ter wêreld

Argieffoto (Foto; StockSnap, Pixabay)

ʼn Ierse reiswebwerf het ʼn meningsopname gedoen en die 50 lande met die sexyste aksente ter wêreld bekend gemaak – en Afrikaans is as die sexyste aksent aangewys!

Die webwerf, Lovin.ie, is ʼn webwerf wat handige inligting saamstel vir reisigers wat meer inligting wil hê oor dit wat plaaslike inwoners reeds van hul tuisdorp weet.

Volgens die lys van sexyste aksente is Frans, wat gewoonlik as die “taal van liefde” beskou word, in die vyfde plek. Dit is spesifiek Afrikaanssprekendes se aksent wanneer hulle Engels praat wat glo die Iere se knieë lam maak.

50. Wallies
49. Roemeens
48. Belgies
47. Indies
46. Fins
45. Japanse
44. New York
43. Switsers
42. Mauritiaans
41. Kroaties
40. Nigeries
39. Russies
38. Pakistani
37. Latviaans
36. Poolse
35. Somalies
34. Kanadees
33. Glasgow
32. Maleisies
31. Chinees
30. Oostenryks
29. Esties
28. Noorweegs
27. Londense Engels
26. Argentyns
25. Thai
24. Tsjeggies
23. Libies
22. Nederlands
21. Chileens
20. Grieks
19. Zimbabwe
18. Amerikaans
17. Mexikaans
16. Portugees
15. Skotland
14. Nieu-Seeland
13. Deens
12. Duits
11. Brasiliaans
10. Suider-Amerikaans (“Southern drawl”)
9. Jamaikaans
8. Israeli
7. Spaans
6. Iers
5. Frans
4. Australiaans
3. Noord-Ierland
2. Italiaans
1. Suid-Afrikaans (Afrikaans)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bromponie ·

Niks in my kan hierdie artikel glo nie. Het julle dan nog nooit gehoor hoe klink ‘n boertjie wat engels praat nie? Dus kras en ongebalenseerd! Nee siesa, ek kners sommer op my tande net deur daaraan te dink!

k ·

Ek is super trots om te sê dat ek die Sexyste taal in die wereld praat… en niemand vry so lekker soos n Afrikaanse boer nie hihihihi

alwyn burger ·

Afrikaans is die mooiste….wanneer Engelssprekende skaapboere by Graaff-Reinet dit praat….Graaffrikaans

TESS ·

Glo my as die afrikaners nie sulke mooi mense was nie sou ons nie die lys gehaal het nie.

wollie ·

Party Iere klink asof hulle brei so in die opsig is dit redelik soorgelyk aan hoe sommige Afrikaners praat.

Haan ·

If they finks dat we are the sexiest den let them fink so. Becôz I’m fink so too.

LS ·

Lekker lag ek nou vir die kommentaar.
Dankie, julle het my dag gemaak.

Haha ·

Ons moet onthou… daar is Afrikaanse aksente en afrikaanse aksente. Hang net af wie probeer dit praat.

Terri D ·

Ek is op die oomblik in die UK en hulle is mal oor my aksent, terwyl ek partykeer my kop in skaap wil laat sak oor ek dink ek klink belaglik. Baie baie interessant. Ons eie taal mag dalk kras en ongebalanseerd vir ons voorkom, maar die ander mense wat glad nie die taal kan praat nie, dink dit is mooi. Ek hoor dit gereeld. Ek is trots op my taal en sal dit vir niks verruil nie.

Meraai ·

Toe ek en ‘n vriendin in Amerika was met vakansie ‘n paar jaar terug, wou hulle almal weet of ons van Europa af kom en was hulle verbaas as ons se Suid Afrika. Afrikaans klink vir hulle soos nederlands of flaams.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.