Bekommernis – ‘n verlammende vrees wat uit ‘n ooraktiewe verstand en ‘n onderaktiewe liggaam ontstaan
Bikini – soos ‘n draadheining om ‘n standplaas span dit styf om die eiendom en bevestig wel die eienaarskap, maar belemmer die kykers se uitsig minimaal
Blamering – ‘n gewilde vorm van toesmerende selfbeskerming
Brein-asma – ‘n toestand wanneer mense se verstand toetrek sodra hulle ‘n idee teëkom wat nie hulle eie is nie
Lees ook Dol definisies – A
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998