Diplomasie – die kuns om iemand te oortuig sodat hy MY kop volg en bowendien meen dat dit hy is wat eerste aan die idee gedink het.
Drinkende alkoholis – iemand wat van kinderlikheid tot kinderagtigheid tot kindsheid oorgegaan het, met of sonder om onderweg by volwassenheid aan te doen.
Dokter – iemand wat probeer voorkóm dat ‘n pasiënt aan natuurlike oorsake beswyk.
Domkop – iemand wat niks oor ‘n bepaalde saak weet nie én betrap word.
Lees ook:
Dol definisies – A
Dol definisies – B
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998