Ensovoorts – ‘n woord wat deur ‘n spreker gebruik word om die hoorders te laat glo dat hy meer weet as wat hy sê.
Familie – hiperkritiese verwante vreemdelinge wat gedurig aanspraak op jou maak, maar darem jóú kant teen onverwante vreemdelinge kies.
Fatsoenlik – eienskap van iemand wat nie net vat en soen nie.
Sien ook:
Dol definisies – A
Dol definisies – B
Dol definisies – D
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998