Dol definisies – P

Argieffoto

Parlementslid – iemand wat naby ‘n partyleier bly, wat slegs vandag staan vir wat hy/sy so pas gesê het, wat sit vir ‘n paar jaar, en wat val vir ‘n ereposisie.

Patio – ‘n statusstoep teen ‘n statusprys.

Platsak – finansieel gekastreer.

Playboy – iemand vir wie “al die dae van sy lewe” kort is, omdat hy ál die nagte van sy lewe so uitrek.

Pligsbesef – die besef wat ek het van andere se onnagekome pligte.

Sien ook:
Dol definisies – A
Dol definisies – B
Dol definisies – D
Dol definisies – E en F
Dol definisies – G
Dol definisies – H
Dol definisies – I
Dol definisies – M, N, O

Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.