Dol definisies – R, S

Argieffoto

Roekelose motorbestuurder – ‘n gelowige én goedgelowige mens. (Hy/sy glo iemand sal na hom/haar omsien.)

R50-noot – ‘n pretensieuse stuk pienk papier waarvan pryse kleingeld maak.

Sensor – iemand wat weet wat ek en my kinders nie moet weet nie.

Spesialis – iemand wat al meer en meer weet oor al minder en minder, totdat hy/sy alles weet oor niks.

Suid-Afrika – land met soveel goeie dinge: die sonskyn, die berge, die vlaktes, die strande, die fynbos, die wildlewe… Die burgers kan nie goeie politici óók nog wil hê nie.

Swakkere geslag – die sterker geslag, vanweë die sterker geslag se swakheid vir die swakkere geslag.

Sien ook:
Dol definisies – A
Dol definisies – B
Dol definisies – D
Dol definisies – E en F
Dol definisies – G
Dol definisies – H
Dol definisies – I
Dol definisies – M, N, O.
Dol definisies – P

Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.