Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekendgemaak

Die dao van Daan van der Walt is benoem in die kategorie ATKV-Prosaprys.

Die finaliste van vanjaar se ATKV-Woordveertjies is pas bekendgemaak en dit is weer ʼn keur van Afrikaans se beste skrywers, digters en dramaturge wat meeding.

Die ATKV-Woordveertjies word op 6 September in die Adam Small-teater in Stellenbosch oorhandig. Dit is die 12de keer dat dié toekennings uitgedeel word.

Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon. Bydraes oor ʼn breë spektrum word vereer, van poësie tot dramatekste, en dien as motivering vir skrywers om aan te hou om tot die Afrikaanse letterkunde by te dra.

Tydens verlede jaar se Woordveertjies is Marietjie Coetzee, Cecilia Britz, Alida Potgieter en Hettie Scholtz vereer vir hul uitsonderlike bydrae tot die Afrikaanse boekbedryf.

Hier is vanjaar se finaliste:

ATKV-Prosaprys

  • Die dao van Daan van der Walt – Lodewyk G du Plessis (Tafelberg)
  • Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey – Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)
  • Kinnes – Chase Rhys (Kwela Boeke)

Prys vir liefdesroman

  • Die tragiese saak van Pamina Vermaak – Annie Klopper (Kwela Boeke)
  • Blom in die hare – Kristel Loots (Lapa Uitgewers)
  • Uit die bloute – Chanette Paul (Lapa Uitgewers)

Deon Meyer se “Prooi”, is benoem in die kategorie Prys vir spanningslektuur. (Foto: Verskaf)

Prys vir poësie

  • Openbare domein – Daniel Hugo (Naledi)
  • Asof geen berge ooit hier gewoon het nie – Pieter Odendaal (Tafelberg)
  • Doodmenslik – WL van der Merwe (Protea Boekhuis)

Prys vir romanses

  • Sophia se beskermengel – Malene Breytenbach (Melodie)
  • Liefde vir ’n cowboy – Didi Potgieter (Romanza)
  • Blameer die skoenlapper – Elsa Winckler (Romanza)

Prys vir spanningslektuur

  • Prooi – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  • Losprys – Martin Steyn (Lapa Uitgewers)
  • Sondag – Irma Venter (Human & Rousseau)

‘n Toneel uit die produksie “Nagskofkliek” geskryf deur Retief Scholtz. (Foto: Mia Louw)

Prys vir dramateks

  • Huishou – Philip Rademeyer
  • Klippe wat val – Philip Rademeyer
  • Nagskofkliek – Retief Scholtz

Prys vir niefiksie

  • Ingrid Jonker – Petrovna Metelerkamp (Penguin Random House)
  • ’n Skerfie glas – Erika Murray-Theron (Protea Boekhuis)
  • Die opkoms en ondergang van die NG Kerk – Jean Oosthuizen (Penguin Random House)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bambi ·

Ek hoop Martin Steyn kry die spanningslektuur prys; hy is n puik skrywer!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.