Foto’s: “Selfie” is Woord van die Jaar

Pous Francis poseer saam met 'n paar tieners vir 'n "selfie"

Pous Francis poseer saam met ‘n paar tieners vir ‘n “selfie”

Foto’s van bekendes se “selfies” volg onderaan die berig. Die woord “selfie”, ʼn foto wat met ʼn selfoonkamera van jouself geneem word, is pas deur die Oxford English Dictionary as die Woord van die Jaar aangewys.

“Dit wil voorkom of almal wat enigiemand is, iewers al ʼn “selfie” op die internet gelaai het,” het Oxford Dictionaries op sy blog geskryf. “As dit goed genoeg vir die Obamas en die pous is, dan is dit goed genoeg vir die Woord van die Jaar.”

Pous Francis het in Augustus vanjaar protokol verontagsaam toe hy saam met ‘n groep tieners op ‘n sogenaamde “selfie”-foto verskyn het. Klik hier om meer te lees.

Die gebruik van die woord het oor die afgelope 12 maande glo met 17 000% toegeneem.

Die begrip is vir die eerste keer in 2002 in Australië gebruik, en nie in Amerika of Engeland, soos mens sou verwag nie. ʼn Deelnemer aan ʼn internetforum het ná ʼn besope ongeluk op ʼn stel trappe ʼn selfportret opgelaai. “Ek het ʼn gat deur my onderste lip,” het die person geskryf. “En jammer oor die fokus, dit was ʼn “selfie”.”

Die derde uitgawe van die Oxford English Dictionary, wat aanvanklik in 2010 verwag is, gaan moontlik eers oor 20 jaar uitgereik word.

Aki Hoshide, 'n ruimtevaarder van Japan, het in September 2012 'n "selfie"-foto buite die Internasionale Ruimtestasie geneem Foto: NASA

Aki Hoshide, ‘n ruimtevaarder van Japan, het in September 2012 ‘n “selfie”-foto buite die Internasionale Ruimtestasie geneem Foto: NASA

Sasha en Malia Obama neem 'n "selfie"

Sasha en Malia Obama neem ‘n “selfie”

Woody Harrelson se "selfie" vir The Guardian

Woody Harrelson se “selfie” vir The Guardian

Kim Kardashian neem 'n "selfie"

Kim Kardashian neem ‘n “selfie”

Pous Francis op die "selfie"

Pous Francis op die “selfie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.