Afrikaans 90: Boerneef se gedigte

Argieffoto

Argieffoto

Ons vier ‘n paar van Boerneef se bekendste gedigte as deel van Afrikaans 90. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as een van die amptelike landstale van Suid-Afrika aanvaar.

Boerneef (I.W. van der Merwe) (1897 – 1967)

Die berggans het ‘n veer laat val
van die hoogste krans by Woepertal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê

~

Lappa lei vir Bella koud
in waboomskloof se geelbossies
Lappa maak vir Bella stout
met hanepoot se natrossies
donkerrooi die wingerdblaar
warmrooi die mond van haar

~

Hierie bierie bokmakierie
sit op hierielieriekierie
bieriebok en kierielok
gee hierso my kieriestok
bieriekierie bokmakierie
dit is my olienhoutkierie

~

Die koperkapel byt sy eie stert vas
dis ‘n neukery en ‘n half kandas
en die koperhoepel hol en rol
en die kapelhoepel hol en rol
lat dit gons en lat die stof so staan
daar’s g’n kroklong wat sy man kan staan
teen hierie soort bollemakiesieslang
jy spaner en saai en jy’s banger as bang
vir hierie nagmerriewiel van die kopersatang

~

Rooibekkies innie mieliesaad
hoe loop mens tussen goed en kwaad
die lekker vannie paradys
lank voor sy tyd was Adam grys
rooigeid vannie daeraad
ek korswil met jantataraat
raai bietjie wat ek met hom praat
die duisterheid van ‘n gedig
maak goeiste weet die donker lig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Phillip Fourie ·

Soms is dit noodsaaklik vir my om vir andere te vertel hoe ek voel oor Afrikaans. My Taal.
My gediggie.

Afrikaans

My tongue
flowed over the earth
shaping the rocks and the veld
curving over shade and sun 
landing softly in the lap of the listener
or like a whip on the back of a slave.

Afrikaans
I coddle
and can even say it quietly
a whisper to ear
in the way
a man would
say your name.
Karoo.
Karoo.

And you would wear a large
wide-rimmed straw hat with
a red ribbon and a wildflower
diminutive suikerbos
or vygie
staring back at the sun
and you would walk
deliberate but uncaring
over and under
shade and sun
with me
Free

You would smile at me
hot sun moving between us
the corners of your mouth
catching the corner
of my eye.
I would give you weathered bent
fear dropped look
in vellies and an expectant smile
and we could hold hands.
I would say, “Dis jy”.
It is you
They would not understand
Afrikaans.
Karoo.
I do. 

francois willemse ·

Phillip Fourie, ek die vermetelheid gehad om jou gedig te (probeer) vertaal:
Afrikaans
My moederstong’t
gevloei oor die aarde
vormend aan rots en velde
omvouend skadu oor en son
en sag plof in luisters’ skoot
of katsend slaafs op rug neerkom

Afrikaans
verkoester
en ek sags uitspreek
‘n fluister oppie oor
soos mens jou naam
weer spreek
Karoo
Karoo

En jou wye strooirand
b’skut jou kop,
rooi lint en willeblom
kleinse suikerbos
of vygie op
terugskouend na die son
en jy kom tree
doelgerig en ongeërgd
bo-oor en onnerdeur
skadu’s en son
met my in hierdie
vryheid mee

Jou lag met my warm
die son tussenin ons deur
en jou mondhoek
my oogspan
nader keer.
Jou kry ʼn antwoord gebukte moeg
deurwinterd van verlore vrees
in velskoen, wagtent glimlag
en ons hande ineen.
Ek sal sê, “Dis jy”
Dis jy
en anner nie verstaan want’s
Afrikaans
K’roo
en ek doen,
en glo.

Winston ·

Is Afrikaans nie die mooiste beskrywendste taal nie? Goed gedoen.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.