Avbob-digkunsprojek stel bundel bekend; kondig wenners aan

Die beeldjie wat die wenners huis toe geneem het. (Foto: Facebook/Avbob Poetry)

Die beeldjie wat die wenners huis toe geneem het. (Foto: Facebook/Avbob Poetry)

Leonie Bezuidenhout

Die Avbob-digkunsprojek het Woensdagaand ʼn hoogtepunt bereik toe 11 digters wat aan dié projek deelgeneem het elkeen met ʼn kontantprys van R20 000 huis toe is.

Deelnemers aan dié projek wat in Augustus verlede jaar deur Avbob van stapel gestuur is en waarvoor meer as 20 000 inskrywings ontvang is, kon in enige van die 11 amptelike landstale deelneem. ʼn Wenner asook ʼn tweede en derde plek is vir elke taal aangewys.

Die immergewilde Afrikaanse musikant Coenie de Villiers het seremoniemeester gespeel vir die geleentheid saam met Rozanne McKenzie. Die spoggeleentheid het in Pretoria plaasgevind. Bekendes in die literêre en vermaakwêreld soos Johan Myburg, Daniël Hugo en Richard van der Westhuizen het ook die geleentheid bygewoon.

Die Avbob Mzanzi-jeugkoor het die gehoor vermaak met weergawes van “The Circle of Life”, “Stuur groete aan Mannetjies Roux” en tradisionele musiek van die Kaapse Klopse.

Coenie de Villiers en Rozanne McKenzie. (Foto: Facebook/Avbob Poetry)

Coenie de Villiers en Rozanne McKenzie. (Foto: Facebook/Avbob Poetry)

Die kompetisie is ʼn eerste van sy soort in Suid-Afrika. Volgens ʼn persverklaring wat deur Avbob uitgereik is, het die organiseerders van dié kompetisie sowat 5 000 gedigte verwag. “Ons het uiteindelik 20 774 inskrywings ontvang. Uit hierdie magdom inskrywings is 3018 op die Avbob-digkunswebwerf gelaai. Daarna is drie gedigte uit elke taal gekies waaruit een wenner uiteindelik gekies is.”

Maroela Media het verlede jaar berig die digkunsprojek is dié maatskappy se bydrae tot die Mandela-dag-viering wat jaarliks wêreldwyd op 18 Julie op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag gehou word.

“Ons wil soveel as moontlik gehalte poësie in al 11 van Suid-Afrika se landstale publiseer en hierdie gedigte sal dan gratis beskikbaar wees vir mense wat dié soort kuns waardeer. Die webwerf is ook ʼn platform waarop Avbob se landwye gedigtekompetisie van stapel gestuur sal word. Ons wil die verskeidenheid van ál die stemme in ons land vier,” het Frik Rademan, die uitvoerende hoof van Avbob, gesê.

Rademan, dr. Mantoa Motinyane wat die redigering van die isiXhosa gedigte behartig het en Douglas Reid Skinner, wat die redigering van die Engelse gedigte gedoen het, het die gehoor toegespreek.

“Ek het dae en nagte omgesit terwyl ek die gedigte wat op die webwerf ingestroom het dopgehou en deurgewerk het,” het Reid Skinner aan die gehoor gesê.

Frik Rademan van Avbob (links) en dr. Mantoa Motinyane (regs) oorhandig die prys aan die wenner van die Afrikaanse gedig, Lynthia Julius (middel). (Foto: Facebook/Avbob Poetry)

Frik Rademan van Avbob (links) en dr. Mantoa Motinyane (regs) oorhandig die prys aan die wenner van die Afrikaanse gedig, Lynthia Julius (middel). (Foto: Facebook/Avbob Poetry)

Myburg, bekende digter en kunskurator, het aan Maroela Media gesê hy is uiters opgewonde oor Avbob se inisiatief in die lootsing van dié projek. “Poësie is ʼn kunsvorm wat nie altyd die aandag kry wat dit verdien nie en as ʼn instelling [soos Avbob] dit steun is dit die wonderlikste ding denkbaar.”

ʼn Bundel getiteld I Wish I’d Said is saamgestel uit 100 van die gedigte met temas soos liefde, hoop, geboorte en verlies. Digters tussen die ouderdomme van tien en 97 het gedigte ingeskryf. Gauteng het homself as die poëtiese hartland van Suid-Afrika bewys, maar gedigte is van Kaapstad tot Kuruman en van Bhisho tot Bela-Bela ontvang.

Terwyl Engels die poëtiese lingua franca van die land is en al die gedigte ook in Engelse vertaling beskikbaar is, lê die skoonheid van dié projek juis in die samevatting van die verskillende stemme in Suid-Afrika.

Hier is die lys van die wenners:

Afrikaans
Wenner: Lynthia Julius
Gedig: “Vir Al Jarreau”

2de plek: Susan Smith
Gedig: “Passaat”

3de plek: Herman Lategan
Gedig: “Vir ʼn bidsprinkaan”

Engels

Wenner: Caroline F. Archer
Gedig: “Puppet Master”

2de plek: Helen Moffat
Gedig: “Brain MRI”

3de plek: Mfundo Mthombeni
Gedig: “It’s Been Too Long”

isiNdebele

Wenner: Queen Mahlangu
Gedig: “Litjhingile”

2de plek: Nurse Nhlanhla Mbonani
Gedig: “Khetha Yena”

3de plek: Thabi Mahamba
Gedig: “Ngiyathokoza ngokungikhulisa”

isiXhosa

Wenner: Nolusindiso Penxa
Gedig: “Akwaba ndandithethile”

2de plek: Sihle Ndamane
Gedig: “Ndicela ningandilileli”

3de plek: Simphiwe Nolusthungu
Gedig: “Ndiye ndalibala”

isiZulu

Wenner: Kutsi Emmanuel Lindinkosi Mpanza
Gedig: “Wangishiya ngokuzuma”

2de plek: Lungile Chamane
Gedig: “Siwile isihlahla”

3de plek: S.O.Z. Mkhize
Gedig: “Kuzofa ukufa”

Sesotho

Wenner: Tieho Mkhendane
Gedig: “Ntjapedi”

2de plek: Deo Mogoera
Gedig: “Sefofane”

3de plek: Themba Motete
Gedig: “Nako jwale e fihlile”

Setswana

Wenner: Nthabiseng Cujane
Gedig: “Go siame”

2de plek: Keabetswe Ramatlo
Gedig: “Mma o re siile”

3de plek: Fikile Moilwa
Gedig: “Se itlhoboge”

Sepedi

Wenner: Mosima Phakane
Gedig: “Khutša”

2de plek: Moses Seletisha’
Gedig: “Mahlodi”

3de plek: Mokgetji Glory Tladi
Gedig: “Ditebogo di kae?”

Siswati

Wenner: Thembi Gwebu
Gedig: “Tinyembeti”

2de plek: Obed Hearthstones
Gedig: “Kumtsatsile”

3de plek: Ncobile Madonsela
Gedig: “Kufa”

Tshivenḓa

Wenner: Ngwedzeni Tshovhota
Gedig: “U bebwa ha lutshetshe”

2de plek: Domina Napoleon Munzhelele
Gedig: “Ndi nwana wau”

3de plek: Ndivhuyafhi Godfrey Musubi
Gedig: “Maduvha a kalakataho”

Xitsonga

Wenner: Mashimbye Owners Hluvukani
Gedig: “Xihlamariso”

2de plek: Musa Aubrey Baloyi
Gedig: “U rhukane swikwembu”

3de plek: Ximbani Eric Mabaso
Gedig: “Maxangu na nhlomulo”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.