Gedig: Aanroep

Argieffoto (Foto: GoranH, Pixabay)

Lina Spies (Geb. 1939)

God, U wat U besig hou
met sonnestelsels
planete en engele,
luister na my:
ek het ’n gewone mens
eindeloos liefgekry
Hy het met die sfere
my so vertroud gemaak
dat ek geglo het
ek is self ’n ster
en U nie meer ligjare ver
Toe het hy my laat los.
In u groot heelal, Here, gryp
die stippel ek wat val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E.K. die eerste ·

Ek kan skryf: uitsonderlik, of uitstekend, of baie mooi, of fantasties, maar eintlik is nie een die regte woord of woorde om hierdie gedig se prag vas te vang nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.