Gedig: As dit Fluit-fluit gaan

Argieffoto (Foto: cjhartz169/Pixabay)

AG Visser (1878 – 1929)

Dit was ’n bitter dag vir my
Die Sondag in die kerk;
Waar ons sit in die middelry,
Word alles opgemerk.

Die dominee hou skielik op;
Die ouderlings kyk om;
Rooi-skaam laat sak my ma haar kop,
Want almal lyk verstom.

Wel, tuis het ek ’n pak gekry
En huil my byna hees.
Maar dit was darem, glo vir my,
’n Lekker fluit gewees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

netek ·

Het hom in Gr 1 geleer en is al 48 maar sê hom nog steeds uit my kop uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.