Gedig: Babushka

Argieffoto (Foto: Bogdan Korneker/Pixabay)

Joan Hambidge (Geb. 1956)

Jy staan voor my: ʼn klein Babushka
op die laaikas – agtergelaat saam
met een stukkende oorbel, ʼn leë lipstifdoppie,
ʼn verslete trui en verbleikte foto’s.

Dis tog al: nie veel nie.

Net die klein Babushka
kan ek afskil in vele kleiner weer-
gawes van onthou.

Dis dan al: net te veel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.