Gedig: Begin somer

Argieffoto (Foto: EvgeniT, Pixabay)

Ingrid Jonker (1933 – 1965)

Vir Simone

Begin somer en die see
ʼn oopgebreekte kweper
die lug soos ʼn kind
se ballon
ver bo die water
Onder die sambrele
soos gestreepte lekkergoed
miere van mense
en die gul lag van die baai
het goue tande

Kind met die geel emmertjie
en die vergete vlegsel
jou mond is sekerlik ʼn klokkie
kleintongetjie klepeltjie
Jy bespeel die son daglank
soos ʼn ukulele

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

Lees en herlees gereeld Ingrid se werk en hierdie een roep dadelik beelde van ‘n sondeurdrenkte strand en gelukkige mense op!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.