Gedig: Bergskilpad

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos/Pixabay)

Ernst van Heerden (1916 – 1997)

Die jare bondel in sy oë saam,
tot oumensnek en heupjigstap
vereng en tog verhewe bo
die grense van die sterflikheid;
geslagte flikker soos ‘n sonnedag
verby: Egipte, Babilon
staan uit die stof weer op,
Ramses trek ten stryde uit;
maar die oorlogshelm lê in die as
van ‘n verpoeierde en grys,
voorwêreldlike ou Karoo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.