Gedig: Bikini-parade

Kampsbaai (Foto: Max Lipa/Pixabay)

Uys Krige (1910-1987)

Hul bra’tjies is bra skraal, kan niemand stig
(hul kan so maklik, lyk dit, hier verlore raak)
hul broekies lig, ja, ligter as dié somerlig;
hul kon nie kaler wees was hul ook poedelnaak
– en die Apostels wat oor dié waters waak,
trek haastig ʼn grys py oor hul gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.