Piet van Rooyen (Geb. 1953)
ek koop vir jou drie blommetjiesjeans
in ʼn apostoliese winkel
tussen potte, sandale en wierook
ʼn ronald sassoon, ʼn sissy boy
en ʼn tweedehandse liberto
nogal ingevoer uit Spanje
vol kleure: bloubont, pienkbont en oranje
jou nommergrootte het my ontgaan
ek moet dit met die oë skat
die lengte meet ek langs myself
ek weet tog waar jy teen my staan
as ek die middel in my vingers vat
vryf-voel ek jou daarin
die aand allenig in my kamer
dink ek reeds aan die gee
ek haal hulle uit die inkopiesak
en hang dit oor my stoel
dan kyk ek na die blomme
en verbeel dit aan jou lyf
hoe knus dit aan jou bene kleef
en as ek jou die naweek soen
het ek jou reeds die week geleef
Nou-ja toe! Betyds vir Valentynsdag en baie mooi daarby! Hoop die romantiese manne skryf dit sommer neer en gee dit saam met die blom(-me) en/of choccies!
Met deernis lees ek die pragtige, klank ryk gedig.. Pragtig!
Ag dis so mooi…
Pragtig!Toor met woorde!