Gedig: Bloukopkoggelmanner

Argieffoto (Foto: falco/Pixabay)

Thomas Deacon (Geb. 1942)

(Weerprofeet)

bloukop speel
hy’s weerprofeet
als hy met opgetrekte
voorlyf op die
mierhoop seet
en straal vir straal
aan griekwaland se
sonskyn vreet
maar griekwa wéét
als oens hom so
op hy se stert
sien seet
lat oens die troppie
bok en skaap
vóór halfson t’rug
na oense hoeis
se kant moet jaag
want netnoumaar
baljaar die wolke
vólspeen
bo oens kop
en sien oens hoedat
bloukop óp-
skop oor die mierhoop
na sy gat
laat lóóp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.