Gedig: Boerneef se “Varkleerbaadjie en klinknaelbroek”

boerneefVarkleerbaadjie en klinknaelbroek
ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwrgagtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.