C Louis Leipoldt (1880 – 1947)
Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk
En die dun kapok in die naglug swewe
As die wind die biesies stryk.
Boggom en Voertsek het saam geswerwe
Waar die boegoe-bossies bloei
En die harde klip, deur die ys gekerwe
In die oerou tyd, nog groei.
Boggom en Voertsek het saam gesanik
In die aand teen die vollemaan:
Sluit ek my oë vandag, dan waan ek
Ek kan hulle taal verstaan.
Boggom en Voertsek het saam gesterwe,
Waar die Hantam-land hom strek.
Daar’s niks as die storie om oor te erwe,
En niks om daaruit te trek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Ek dog nog al die jare Boggom en Voetsek het saam in die Pontiac gery?