Gedig: Boggom en Voertsek

C Louis Leipoldt (Foto via Wikimedia Commons)

C Louis Leipoldt (Foto via Wikimedia Commons)

C Louis Leipoldt (1880 – 1947)

Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk
En die dun kapok in die naglug swewe
As die wind die biesies stryk.

Boggom en Voertsek het saam geswerwe
Waar die boegoe-bossies bloei
En die harde klip, deur die ys gekerwe
In die oerou tyd, nog groei.

Boggom en Voertsek het saam gesanik
In die aand teen die vollemaan:
Sluit ek my oë vandag, dan waan ek
Ek kan hulle taal verstaan.

Boggom en Voertsek het saam gesterwe,
Waar die Hantam-wêreld hom strek.
Daar’s niks as die storie om oor te erwe,
En niks om daaruit te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SkarrelKind ·

David Kramer sing ‘n verspotte liedjie wat lekker klink op ‘n lang pad; en dit te danke aan Louis Leipoldt se idee van die twee knape.

Pappa Beer ·

Ja maar Leiploldt se gedig se niks van n bobbejaan, n Van der Merwe of n Pontiac nie! Hehehehe! Lekke man! Afrikaans bly bo!

Otter ·

Leipoldt kan darem maar ‘n mooi prentjie skilder met woorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.