Brief huis toe, Gander-lughawe, 1949
Barend J. Toerien (1921-2009)
My liefste, my naaste, my dierbaarste vir my,
hoe goed as ek altyd en nou by jou kan wees,
dog toeval en inval verlei my, skei my
steeds verder en verder van jou en jou son.
Onthou my en altyd onthou ook dat waar jy
soggens uitvee of knie of kniel by ʼn roos,
by ʼn broeis hen, die leivoor of saans by jou bed
doodmoeg en soms twyfel oor die nut en waarom,
ek ken al jou dierbare gebare is naby.
Waar gaan Kaapstad water vandaan kry as al die damme opgedroog het?
Hoe is dit relevant tot die artikel????