Daar’s kinders in ons klas
Wat baie gou kan werk,
Dan sit hul briefies skrywe
So skelm, ongemerk!
Ek was nog vér van klaar.
Toe pluk een aan my mou –
“Haai! dé – Rosie!
Die brief stuur Piet vir jou!”
Juffrou neem die briefie,
Toe voel ou Piet net sleg –
Sy lees: “Gee my ‘n soen!”
Maar Piet se kop was weg!
Die klas is pap gelag –
Net Hansie voel nie bly…
Want hy’t die brief geskrywe,
Piet sal hom buite kry!