DJ Opperman (1914-1985)
Ek bring aan jou die eerste vrugte van die land
met ingehoue vreugde en met dankbaarheid:
ʼn mieliekop, lemoen of roos op skurwe hand
gedra as nuwe huldes van seisoen en tyd;
jaarliks die eerste piesangtros uit die vallei
waar gramadoelas was, omdat ek nou nog voel
sonder jou liefde is die graaf te swaar vir my
en val die geil reëns van die berge sonder doel.
…valley. Het DJ Opperman destyds al verkeerd gespel? :)
Dagsê Lily,
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Janie nms Maroela Media
Pragtig, verseker my gunstelling gedig. Dankie dat julle dit geplaas het.