N.P van Wyk Louw (1906 – 1970)
Dat alle liefde moet verlore gaan
en wegwaai in die wye lug,
waar hierdie dooie ster sy norse vlug
neem deur die stiltes van sy baan –
dit is die vrees, dit is die eensaamheid
wat my, geboë, met die hande krom
rondom die kersie van ons liefde, stom
laat skuil in kleinlike verlatenheid.
Laat my wonder hoekom hy juis die gedig geskryf het.
Ek is geboe met my hande krom en ek is stom en skuil in kleinlike verlatenheid oor my liefde wat van my weggeneem is… Dis n groot eina wat net wie waardeur is sal verstaan….