Gerhard Rasch (Geb. 1960)
woer woer woer
volstruise kan nie vlieg nie
woorde wil nie vlooi nie
en die moerasse van ma foete dwing my nee
saai die waatlemoen
saai die ding
in die begin
was daar bitterbittermin
trippe trappe tone
al die varkies is verskone
eendjies in die groen gelag
en alle paddas onderdak
ek hou my bles vas en dink gereeld aan sneeu
en huffel viste kan ʼn mandjie
of aan die lende van ʼn bekende
(ek sal jou toontjies soen met vlokkies in my kies)
dit is net die begin ontgin
vergun my dis
troppe troppe tone
le monde sit sit in die zone
van hier tot in rome
cognito ergo somer