Gedig: Di steweltjiis fan Sanni

Argieffoto

Argieffoto

FW Reitz (1844 – 1934)

Pas altyd fer ʼn froumens op;
Dit help jou net gen stuk ni,
Steek jy jou nek eers in di strop,
Dan kan jy nooit los ruk ni.

So is dit oek met my gewees;
Ek was ni reg fan plan ni,
Toen was dit al lank klaar met Kees;
Ek was geknoop an Sanni.

Skaars was ek agtiin jare oud,
Toen fry ek al na Sanni,
Myn sakhorlosi was fan goud,
En ‘k gé pad fer gen man ni.

Haar ouers het ons uitgelag,
Hul seg ons is mar fulletjiis,
En ek moet nog ʼn bitji wag
Met sulke kinderspulletjiis.

Mar neef, ek moet jou tog ferhaal,
Hoe dit met my gebeur is;
Jou tyd di kom oek nog een maal,
Foor jy mooi reg daardeur is.

Ek droom mos dat sy foor my staat,
Met splinter-nuwe stewels,
Hul mag fyn klyne foetjiis praat,
Mar Sannie het twe knewels.

Ek trek my an di oggend froê,
“Saal op di skimmel daar!”
toen ry ek reg-uit Sanni toe,
Om t’ hoor hoe sy nog faar.

“Goei morre, Tante – morre, Oom!” –
En waar is Sanni dan”
Daar kom sy net soos in myn droom,
Met di selfde stewels an.

Wel ek sal jou mar kortaf sê,
Ek het haar toen gefra,
Of sy my fer ʼn man wil hê,
toen seg sy somar “Ja!”

ʼn Mens di bly tog mar ʼn mens,
Ek weet ni wat’s di rede,
Mar soos hy kry net wat hy wens,
Dan word hy ontefrede.

Dit help nou wynig om te huil,
Al het ek spyt fan Sanni,
Kon ek di ou ding mar ferruil,
Dan sou ek – mar ek kan ni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michiel ·

Die spelling hier laat my dink aan sommige kommnetare op hierdie webwerf. Nie vir my juis oulik nie…

Theuns ·

Dit was nou n goeie voorbeeld van die Nederlandse Taal se aanloop na Afrikaans toe. Pragtig!

Maria Victor ·

Môre oompie Môre tannie waar is Sannie dan. Sannie het gaan water haal daar onder by die dam. Ja oompie ja môre gaan ek trou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.