Gedig: Dialoog

skryf 2

Argieffoto

Hendrik Januarie (Geb. 1941)

ek wil boer met woorde,
my kultivars self teel,
hektaar vir hektaar
met elke leser deel.

woorde ken nie grense,
woorde ken geen prys,
tog handel en verhandel ek,
want woorde is soos spys.

woorde is ook gees
en gees is ʼn persoon.
in elke plek kán woorde
as mededelers woon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Driekie ·

Dis n pragtige gedig, verstaanbaar en maak sin. Baie mooi geskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.