Eitemal (WJ du P. Erlank) (1901 – 1984)
“Is iemand dood? En wie was sy?” –
ʼn Vreemd’ling vra en stap verby.
Die bure sug: “So ʼn goeie vrou!
Haar skoonfamilie gaan ook rou.”
Die dokter frons: “Dit was nogal
ʼn Allermoeilikste geval.”
Die predikant, manel en das,
Gebaar: “Ja, alle vlees is gras.”
Twee kleintjies, met dik snye brood,
Roep: “Omie, onse ma is dood.”
ʼn Man staar eenkant op die grond
Met twee diep lyne om sy mond.
Kosbaar.
Lag lekker, sy was so goeie vrou tot d skoonfamilie gaan rou!!!