Gedig: Die gedig as getuigskrif

Foto: greenweddingshoes.com

Foto: greenweddingshoes.com

Joan Hambidge (Geb 1956)

As ek jou ooit sou verloor
soos wat ‘n mens ‘n file delete
of op airmail ewe skielik
sonder waarskuwing
‘n teks uitwis
of ‘n virus op jou computer ontdek,
sal ek nooit weer oor die liefde skryf nie.
Nie dat digters ooit oor die liefde dig nie.
Dis eerder oor die afwesigheid,
oor verlies wat die maatstaf word van liefde.
(Dit staan in Winterson.)
Ons maatstaf, dink ek,
is dat ten spyte van soveel verskille
ons steeds dieselfde onse op ons ponde tel
en na ‘n reis van drie en ‘n halwe jaar saam,
weet ek ons kan nie sonder mekaar leef nie.
As ek jou ooit sou verloor
soos wat ‘n mens ‘n file delete,
sal ek in die rescue files van die digkuns
bly skandeer en versoek: herstel, herstel, herstel…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Heinrich. ·

Dit is snaaks dat afrikaanse mense die woord shame (‘n engelse woord) probeer verafrikaans deur te skryf “sjym” , en dan nog te kla oor ander se engelse woorde.

Estelle ·

‘n Lekker-lees gedig ….. darem gerieflik dat digters die mens se gevoelens en gedagtes so goed kan verwoord!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.