Gedig: Die goue sleuteltjie

Argieffoto (Foto: dh_creative/Pixabay)

Helena F Lochner (1892 – 1951)

As ek ʼn goue sleuteltjie
In die hande kry
Dan sluit ek al die koutjies oop
En laat die voëltjies vry.
Ek sluit ook ons ou koskas oop
Waar Ma die koek in hou
En allerhande lekker goed
Waaraan ek graag wil kou.
Maar ons ou skooldeur sluit ek toe!
So styf as jy kan dink –
Die sleutel gooi ek in die see
Om diep daar weg te sink!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

RHG ·

Ag lekker om kleintyd se gediggie te sien. Baie kere haar stories vir die kinders gelees. Nooit geweet sy het so lank gelede al gesterf nie.
Dankie hiervoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.