Gedig: Die Kranksinnige

alleen-eensaam-man

Foto: Noah Silliman/Unsplash.com

SJ Pretorius (1917 – 1995)

In hierdie sel
agter die grense
van die vel
en die hoë
vensters van die oë
is twee mense:

die een is gek,
die ander, ek.

Dis hy wat kerm en gil
maar ek is bang en stil.

In elke klein uur van die nag
veg ek teen hom met minder krag
en as hy wen dan skree hy luid

sy wrok teen God en wêreld uit.
In hierdie klein vertrek
van vlees en been,
is twee. Die een
is gek,
die ander, Ek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Dankie vir die gedig. Bly dit is nie net ek wat so voel nie.

Saartjie ·

Dankie vir die plasing van die gedig wat ek nog altyd as ‘myne’ beskou het. Toe ek jonk was, het ek ‘n muurbehangsel daarvan gemaak en dit in my blyplek vertoon! Gelukkig, met die ouderdom, kom rustigheid en berusting … ek aanvaar nou dat ek ‘anders’ is en anders dink as die meerderheid rondom my.

Essa ·

Dit was nou lekker om hierdie veelseggende gedig weer te lees, dankie.

Anoniem ·

Hoe seer en swaar moes die digter nie gewees het toe hierdie woorde neergepen is nie.

Elsie ·

Ek dink die meeste van ons voel by tye so…..die gek….en die ek…loop maar hand-aan- hand…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.