Uys Krige (1910 – 1987)
Tussen die wit huis
en die wit huis,
teen die wit wolk,
teen die grys berg
hoog bo die see
silwer en grys
silwer en grys
van golwe aaneen
tot die verste vaal
horisonne heen,
styg en daal,
styg en daal
die wit seemeeu
aaneen
alleen…
Wat sing die see?
Wat kla die wind?
Wat roep die meeu?
Wat snik die hart
aaneen
alleen?
Die see sing,
die wind kla,
die meeu roep,
die hart snik
tussen die wit huis
en die wit huis
op die helder dag
silwer en grys,
silwer en grys;
waarheen?
waarheen
aaneen
alleen, alleen, alleen?
die see sing
die bamboes se wiegelied
soos roeiende slawe
vasgeketting aan verdriet
Genis?? Mooi man – a poet and you show it, of ‘n aanhaling van iemand anders?! Dankie Maroela, geniet altyd die gedigte afdeling baie!
Ek het vir my pa n gedig met sy af sterwe geskryf, ook vir my vriend wat op kersdag verdrink het, hoe kan ek dit plaas.
Dagsê Johann
Stuur gerus vir ons ‘n e-pos by [email protected]
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media
Bly maar pragtig! Dankie.
Eliza-beth, ja ek het dit geskryf. Sommer net om Uys te antwoord. Dankie vir die mooi woorde.
Ek geniet hierdie gedigte soos mens uitsien na jou gunsteling poeding. En ek lees hulle hardop sodat my ore dit ook kan geniet! Dankie