Gedig: Die soldaat

Argieffoto

Argieffoto

Hierdie gedig is geskryf deur tweede luitenant Naas du Preez ʼn rukkie voordat hy oorlede is in ʼn ontploffing in die suide van Zambië op 13 Februarie 1980. Bygedra deur Hendrik Neethling met toestemming van Bernadine.

As ek so na die sterre kyk
en alles troebels uit my wyk,
dan besef ek God is naby
en my wagure vlieg snel verby.

Onder die môrester alleen,
net ek en Hy op wag
terwyl die maan blink op my roer lag
Ek, man alleen met die sterre daarbo,
ek weet aan watter God ek glo.

Swart in die nag en koud,
bitter die koue se donker donker woud.
Maar ek sal veg vir wat jy vra, –
Ek veg vir God en Suid Afrika

Hierdie gedig kom uit die digbundel Nubes Belli. Luister hier na Maroela Media se gesprek met Dawid Lotter, die samesteller van dié bundel. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

ANDRE ·

Dit het iets diep hier binne my geroer , proe en voel sommer die koue vroegoggend lug met die morester wat op die horison blink , en die gedagte dat die son nou-nou gaan opkom. Wat gaan vandag gebeur ?? Nie een van ons sal dit ooit vergeet nie , was nie lekker nie , maar ons het dit met trots gedoen.

Adam ·

Ek is Amerikaanse soldaat en het in Irak geveg – ‘n verskillende tyd en ‘n verskillende oorlog. Nogtans was hierdie gedig uiters aangrypend vir my. Verskoon my Afrikaans asseblief.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.