Gedig: Die tafels van vermenigvuldiging

Argieffoto. (Foto: Sabine van Erp/Pixabay)

Abraham Fouché (1889 – 1982)

Nou eers het ek die les geleer
dat die lewe maar ‘n som is
en dat ons antwoorde daarop
maar almal ewe dom is.

Die Tafels van Vermenigvuldiging
was my steeds ongenadig,
na ‘n lewelank van eet en drink,
bly ek nog onversadig.

Saai tot in die triljoenste mag,
die oes bly ewe skamel:
plusminus ‘n klein handvol as
is al wat ons insamel.

My rykdom nou, ‘n druppel reën
wat in ‘n kappertjie gekelk is,
met glans wat voortleef in die gees
ná kleur en fleur verwelk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.