Gedig: Die tarentaal

Argieffoto. (Foto: Daleen Ellis)

Totius (Jacob Daniël du Toit) (1877 – 1953)

Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vinnig daal,
die tarentaal.

Hy soek – en dit is ook al laat –
vir hom ʼn kameraad,
om in ʼn boom die eensaamheid
en nag te slyt.

Sáám sal hul in ʼn blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom,
en by die naadring van verderf,
alléén nie sterf.
*
Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
wég in die nag!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.