Gedig: Die tuin is kaal

Argieffoto (Foto: Annie Spratt/Unsplash)

Olga Kirsch (1924 – 1997)

Die tuin is kaal, swart grond, die huis
staan bontgeverf, die ou stofpad
loop anders, onverskillig-glad
geteer. Waar hy die spoorweg kruis –
oord waar koud-angstig, heet-verruk
kinders ʼn trein se naak, swart vlug
kon meemaak, swaai hy oor ʼn brug.
Die veld waarop die sirkustent
– oerdier teen witgeskrikte lug –
jaarliks weer feestelik orent
geruk is, mak en onopgesmuk –
ʼn villa-buurt. Wat traak dit my?
Huise en dorpe kan nie dieselfde bly.
Koppig die hart, hy gaan sy gang
stilweg. Oornag stroop hy die verf
van mure en relings, vul die werf
met vrugtebome – wegkruiptuin
vol tonnels, skuif die pad se lyn
en hou voor oë steeds halfgesluit
– stilfoto’s wat mekaar vervang –
die dorpie van hul kindertyd.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.