Gedig: Die vark en die drie wolfies

(Foto: Laura Anderson/Unsplash)

Gloudine Kellerman

Meneer Vark woon bo in die kloof
en maak planne om die Wolfies te beroof.
Eerste Wolfie bou ’n huis van strooi.
Vark sê: “Dis nou alte mooi!
Ek gaan gou my bok-vriend kry
om die strooi mooi weg te wei.”
Wolfie Een vlug vinnig na sy broer.
Wolf Twee woon in ’n houthuis van ’n boer.
Vark sê: “Ek is bly Termiet is my maat;
met ’n houthuis het hy en sy vriende raad.”
Twee Wolfies vlug na die huis van steen.
Hul boetie woon daar stoksielalleen.
Meneer Vark staan en krap sy kop.
Nou is al sy planne op.
As hy Wolf was, kon hy deur die skoorsteen klim.
Om rolle te ruil, was toe glad nie so slim!

  • Die gedig is goedgunstig deur NB-Uitgewers verskaf. Dit verskyn in Eisteddfodpret 2 wat deur Gloudine Kellerman en Jonelle du Toit saamgestel is. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.