Gedig: Die veertjie

Argieffoto (Foto: Javardh/Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Die veertjie” deur Diana Ferrus

ʼn veertjie, losgeskud
uit ʼn vlerkie, ʼn nessie
val na benede
en op die sagkant
van die wind kom lệ dit
op die vloer van die huis
van die vrou wie se stem
desperaat versoek het
“kom wys my jy het vrede”

En sy skrik vir die veertjie
verras deur die antwoord
wat so gou
uit die hemel kon kom
en sy lees in die wit
en sy lees in die grys
“neem die nuwe,
begin weer
sonder my
vlieg vrylik
voltooi jou vlug”

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.