Gedig: Die vrou

Sout en peper (Foto: Maroela Media)

Sout en peper (Foto: Maroela Media)

AG Visser (1878 – 1929)

Die vrou is die sout van die aarde,
Die suurdeeg, beskou op die keper:
Al hoër steeds rys sy in waarde:
Sy’s beide die sout en … die peper!

Wie ter wêreld verstaan ooit die vrou,
En wie sal haar geheimenis weet?
Haar verjaarsdae moet jy onthou,
Maar haar ouderdom moet jy vergeet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Hy kon sekerlik oor van haar ander deugde besing het, ook die vrou in haar uitgebring het, want buiten vir die woord, sien ek haar nie, maar dis AG so ons mag dit nie sê nie. Dus as mens die woord vrou wegvat, herken jy haar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.