Sheila Cussons (1922 – 2004)
Hulle wat brood eet, nie brood metafories
nie, maar brood met olie en sout op,
is nooit soos dan so heel nie, volkome,
soos die vingers wat die brok hou,
die kundige edel vingers van die hand
wat die sweet van die aanskyn wegvee –
Jesus en sy twaalf eet brood,
brood met olie en sout op; Jesus met net
so ʼn mond, sulke hande, geneem uit Maria
en al wat Hom van hulle onderskei, is in
sy Hart en sy Hart in die Vader, die Gloed
waarin alles ontstaan het: die korrel
koring, die aarde, die brood, die honger
eens heerlik, tot verhongering vermink,
en die Furie en die oorvloedige Bloed.
So mooi
Dankie Maroela en dankie Sheila!
Wonderlik…