Elisabeth Eybers (1915 – 2007)
Altyd ʼn besem iewers teen ʼn muur,
maaltye nooit op die gepaste uur.
Agendalose dae waardeur sy leeg,
hardnekkig en skaars doelbewus beweeg.
Strykgoed wat moedeloos oor ʼn stoelrug hang,
gebare sonder afloop en aanvang.
Ou briewe onbeantwoord, deurmekaar
papiere en pille in één laai opgegaar.
Dankbaar om haar in jou groot hart te strek
en tog verknog aan haar klein skulpomtrek.
O ordenende teëvoeter, wees
gewaarsku, stuur haar liewer na haar lees.
Presies hoe ek voel, baie goeie gedig!!
SO waar! As mens doen wat jy meeste liefhet (as beroep) dan is al die ander dinge makliker.
Hierdie is sommer weer aanmoediging om die kwas en verf nader te trek.