Gedig: Dirkie

Argieffoto (Foto: Ulleo, Pixabay)

Jeanne Goosen (Geb. 1938)

Wanneer jy ontvou
sal jou oë oopgaan
en weer toe
Miskien sal jy skreeu
omdat die wêreld skielik so óóp is
Later sal jy kruip
en nog later loop. Vrae sal begin
As jy na jou geboorte verneem
sal ek jou vertel:
Op daardie dag het wolke saamgepak
en offers oor die brak gegiet
ʼn Bondel varings het deur die bogrond gebeur
en skielik
skielik het ʼn miljoen skoenlappers
baldadig begin fladder

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.