Gedig: District Six

Hannoverstraat in Distrik 6 (1966) Foto: dreamlife.wordpress.com

Hannoverstraat in Distrik 6 (1966) Foto: dreamlife.wordpress.com

RK Belcher (1933 – 2006)

Ma is dood
onder ʼn trein.
Ons leef van brood
en Pa van wyn.

Hoit gamat, kappit, kappit eit
want môre is jy alles kwyt.
Spoeg in die lug en sing jong, sing
want die lewe is ʼn bitter ding.

Goergie, Peorgie, pudding and pie –
hoe sê jy ek het God verraai?
Ou klong, you sommer make me cry.
Hoes daai?

Mary had
a little lamb,
its feets was white
like snow.
Hul het hom toe
mos vasgenael,
en kyk
hoe lyk
hy
nou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.