Ernst van Heerden (1916 – 1997)
Hoe wolkloos kan dit word?:
gʼn wattevlekkies oor ʼn ganse ruim
toe ʼn donderslag bevestig
waarom alles dan so verpuurd hul gange gaan.
Onverwags was dit dan juis nie –
die geslypte meslem van die blits
wat parallelle hemels van mekaar
vervreem,
en op tasbare afstand
die hoë denneboom versplinter:
matematies en met snyershand
van kruin tot wortelvoet gekloof,
met vuurtonge reeds aan ‘t dans en knetter,
en daar word nou aanvaar;
dis ek, sover die ongetroffene,
wat skielik skrynend brand.
SOOO mooi en pragtige foto daarby!
Pragtig- Ernst van Heerden op sy beste!
Sulke kunstenaars woorde pluk aan my siel