Rudolph Willemse (Geb. 1958)
sousousvlei
die
duine
staan soos
namibpiramides
sesriem
anderkant sesriem is daar niks meneer
nee meneer sonder sand sal ons sommer
ten gronde gaan hier meneer
en by solitaire meneer is daar niks
nie eers sonde nie
solitaire
vanaand voel ek nie lus om slim te wees nie
vanaand moet my woorde val waar hulle val
verkieslik naby jou, naby jou hart
binne trefafstand raakbaar tasbaar
soos ‘n brief. ek wil nie
gemanikuurde woorde afstuur nie
die waarheid afwater
iets terughou iets mooimaak grimeer
of binnenshuis versier nie
geen mooiskryf geen skoonskrif geen kalligrafie nie
geen plastiese chirurgie vanaand nie dankie
vanaand wil ek by jou lê my lief
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
SOOOO mooi!! Dankie Maroela! Dankie Rudolph Willemse!