Gedig: Duiselig

Argieffoto (Foto: pexels/Pixabay)

Gilbert Gibson (Geb. 1963)

ek dink verder dat jy
as kind in die bruingeel
koring rondgestap het (daglank; oestyd)
jou kykers allergiesrig toegeswel
die bruin bene vol
skrape wat later in die water
brand. ek dink
dat die ruik
van uitgeblaasde kers jou aand vir
aand aan die slaap gesus het.
ek dink jou oupa
se bybel was hollands
en kinders is net gesien
en nie gehoor nie.
en ek weet die verbeel
is alles nou klaar
ek probeer hierdie seuntjie
in my kop bewaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.