DJ Opperman (1914 – 1985)
Ek het ʼn stukkie grond gekoop
met melkhout op; dit afgekamp
en teen die hek ʼn naam geverf
sodat verbygangers besef:
Dis Dirk se erf.
Janfiskaal sit op my melkhoutboom,
sit op ʼn kruin, sit op ʼn rots
en proklameer in sy lied
soggens en saans luidkeels
“Dis my gebied.”
Bakkapel glip uit my melkhoutbos,
verby die kruin, verby die rots,
en teken op sandkolle waar hy kom
oral in ouderwetse skrif:
“Alles… alles my eiendom.”
Pragtig!!
Baie dankie!!
Onverbeterlik!